NewsNewsSportSport

Ratels presteer weer

Lede van die Ratels Stoeiklub van Carletonville het weer die afgelope week presteer.

Verskeie van die klub se lede het Saterdag, 4 Junie aan die Sentraal-Gauteng Ope-kampioenskap deelgeneem.
Altesaam 380 stoeiers het tydens die byeenkoms kragte gemeet.
Christoff van Jaarsveld, Tiaan de Wet, Katrien Havenga, Tiaan Smuts, Jaco Stander, Christian Havenga, Jayden Botes, JC Nel, Rohann van Jaarsveld, Johnny Rudolph en Armin Ackerman het medaljes ingepalm.
Belangstellendes wat meer oor die klub of die sport wil weet, kan die voorsitter, Francois van Zyl, by 082 563 5986 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button