NewsNewsSportSport

Fochies wys wie is baas

Laerskool Fochville se o.9 rugbyspan het dié seisoen gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Dié span, wat deur mnre. Llewellyn Ebersohn, Roelof Smit en Ben Habig afgerig word, het verskeie groot skole in die stof laat byt.
Volgens Ebersohn het die span dié seisoen in nege wedstryde gespeel. Hulle wen al agt hul eerste wedstryde teen Dr Havenga, Randfontein, Rapportryer, Krugersdorp Noord, Florida, Monument Primary en Trinity House, wat hul eerste in die Leeus sub-liga laat eindig het.
Ongelukkig moes die trotse Fochvillers in die finale uitspele teen Monument Primary die knie buig. Hulle eindig dus as die naaswenners in hul liga.
Deur die loop van die seisoen het Fochville 275 punte aangeteken, terwyl hul teenstanders met net 55 punte teen hulle kon slaag.
“Ons is baie trots op elke seun wat hard gewerk het, tot deur die Maart vakansie. Ons was in ‘n liga saam met groot skole, maar van die o.9s tot ons eerstespan het ons seuns nie teruggestaan nie. Ons sien uit na volgende jaar se rugbyseisoen, want Fochville Laerskool se rugby is baie gesond,” het Ebersohn Dinsdag trots gesê.

 

Related Articles

 
Back to top button