Local newsNews

Carletonville se MMA-vegters bring medaljes huistoe

Hulle het teen van die bestes in Gauteng geveg.

MMA (gemengde gevegkuns) vegters van Carletonville het die afgelope naweek uitstekend gevaar.

Lede van die Fight St MMA en skopboksklub het Saterdag aan die Grassroots kompetisie in Roodepoort deelgeneem. Altesaam 52 vegters van regoor Gauteng het hul vernuf ten toon gestel.

Charmaine Venter het ‘n goue medalje ingepalm, terwyl JT Tuz ‘n silwer medalje huis toe gebring het. “Die kompetisie was die perfekte voorbereiding vir die nasionale kampioenskappe in Durban,” sê die klub se afrigter, Shihan Chimmy van Winkel.

Verskeie van die klub se vegters gaan ook die komende naweek aan die Versus MMA-kompetisie in Hatfield, Pretoria, deelneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button