Local newsNews

Fochville-boer op plaas aangeval

"Ek word aangeval! Kom help my!"

‘n Boer van die Fochville-omgewing het gisteraand (8 November) benoude oomblikke beleef toe rowers hom op sy plaas probeer aanval het.

Mnr. Frans se Bruyn was gisteraand net voor 23:00 op sy plaas tussen Fochville en Westonaria toe hy iemand by sy beeskraal hoor.

Hy het ondersoek gaan instel en hom in ‘n groep rowers vasgeloop.

De Bruyn kon gelukkig daarin slaag om te ontsnap en het dadelik om hulp van die GPF en ander groepe gevra.

“Ek word aanval! Kom help my!” was De Bruyn se eerste hulproep. Skote kon duidelik op die agtergrond gehoor word.

“Ek dink hulle het my beeste gevat. Hulle het my daar onder by die beeste gecorner,” het hy later uit sy huis uit laat weet.

Ander boere, GPF-lede asook speurders en ander polisielede het na De Bruyn se plaas gejaag om hom te gaan help.

Van die helpers het op sy 57 gesteelde beeste afgekom waar hulle los in die pad na die myn toe gehardloop het. Die diere was baie verskrik en, hoewel dit ‘n tyd geneem het om hulle terug op die plaas te kry, is al die beeste veilig teruggevind.

“Hulle teister die boere in ons omgewing nou al die afgelope maand. Ek is baie bly ons kon my beeste terugkry,” het ‘n baie verligte De Bruyn vanoggend aan die Herald gesê.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button