Local newsNewsSport

Fochville se meisies gimnaste presteer

Hulle het met gimnaste van regoor die land meegeding.

Die vroulike geslag het hierdie jaar die Losberg Gymnastics-gimnastiekklub se naam tydens hul nasionale kompetisie hoog gehou.

Volgens die klub se eienaar en hoof afrigter, JJ Strydom, het drie meisies – Tlotlang Mokhahle, Caylee Menezes en Charmaine Joubert – onlangs by die National Training Centre in Pretoria deelgeneem.

Tlotlang het ‘n vierde plek op die balanseerbalk ingepalm.

“Dit was regtig ‘n groot kompetisie. Gimnaste van die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat, Mpumalanga, Limpopo, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Gauteng het deelgeneem. Ons is regtig baie tevrede met die meisies se uitslae en hoe goed hulle presteer het,” sê Strydom.

Hy voeg by dat Tlotlang en Charmaine in graad sewe is en volgende jaar na skole buite die Merafong-omgewing gaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button