Local newsSport

Pantherz maak hul reg vir nasionale kragmeting

Dié vroue staan vir niemand terug nie.

Ons omgewing se enigste vroue rugbyspan, die Pantherz, is besig om hul naam hoog te hou.

Volgens een van dié span van Fochville se afrigters, Wiekes Coetzer, is hulle reeds volstoom aan die oefen om hulle vir die nasionale vroue rugbykampioenskap voor te berei. Dié groot kragmeting gaan van 19 tot 24 September in Mosselbaai gehou word.

Die span is reg vir die nasionale kompetisie omdat hulle verlede jaar goed by die nasionale kampioenskap gevaar het. Hulle het ook uitstekende leiding van ‘n Vrystaat- en Springbokspeler, Bernice Strydom, gekry.

Die Pantherz oefen Maandae en Woensdae van 17:30 by die Gert van Rensburg-stadion. Behalwe vir Coetzer, rig Pierre Theron en Peet Bekker ook die spelers af.

“Ons speel “Golden Oldies” reëls en dit is nie-kompeterend. Almal is welkom. Dit gaan oor pret en vriendskap. Wat is lekkerder as die hele familie, oud en jonk, die dag saam langs die rugbyveld kan geniet? Ons wil vroue begin blootstel aan die sport en beoog om dit verder te neem sodat hulle groter hoogtes kan bereik,” sê Coetzee.

Hy noem dat die Pantherz reeds die afgelope Saterdag, 4 Mei, teen Alberton se Madeliefies gespeel het.

Intussen probeer hulle hard om geld vir hul tog na die nasionale kampioenskap in te vorder.

“Daar is kostes aan verbonde soos vervoer, verblyf, toksakke, ens. Ons rig ‘n vriendelike versoek aan die publiek en besighede wat bereid sal wees om ons te help om ons droom bewaarheid te maak.

“Ons sal enige hulp, donasie of borge opreg waardeer. Ons het tans ook ‘n handgemaakte spieël wat ons uitloot om geld vir die nasionale kampioenskap in te samel.

“Dit kos R100 vir ‘n kaartjie en die trekking sal einde Mei plaasvind. “Ondersteun ons groot asseblief,” vra Coetzee. Belangstellendes kan Ronél by 076 799 0435 vir meer inligting kontak.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button