Die o14 span is voor: Lalu-jé Viljoen, Megan Smith, Annabell Strydom, Zirene de Beer, Jeanmoné Botha, Annemie Brandon en Landelie Bensch. Agter is Elaine Nel, Diwané Troskie, Lee-ann de Bruin, Megan Groenewald, Annebell Smith, Leya Oosthuizen en Cheritha Bachfisher.
Twee van Hoërskool Fochville se hokkiespanne het dié seisoen uitstekend presteer.
Die Super-16 reeks het reeds in Maart afgeskop en beide die o14-span en die eerste span het goed gevaar. Hulle het ook dié kompetisie as voorbereiding vir hul ligas gebruik.
Die o14-span het boonop ‘n kliniek tydens die skoolvakansie in Maart bygewoon, tewyl die eerste span aan ‘n toernooi in Pietermaritzburg deelgeneem het. Dié harde werk het verseker dat die twee spanne uitstekend in hul liga’s vaar en tot die Noordvaal uitspele deurdring.
Die eerste span het in Meyerton meegeding en die 10de plek uit 16 skole behaal.
Die o14s het in Ermelo in Mpumalanga gaan deelneem, waar hule die negende plek in hul groep behaal het.
“Baie geluk hokkie-bokkies met julle harde werk en toewyding. Julle is ons trots,” sê die skool se woordoerder, Elsabe de Mesquita.
Hoërskool Fochville se eerste hokkiespan het uitstekend presteer. Voor is die reserwe doelwagter Tinéy Strydom en die doelwagter Nicole Marygold. In die middel is Ziné Esterhuizen, Ankia Bensch, Cherese Watermeyer en Elandri Troskie. Agter is Danie Jacobs (afrigter), Rea-jean Meyburgh, Zereldine Thiart, Devoné Palm, Abbigail Strydom, Kyla Maree, Tracy Steenberg, Enja Basson, Corlia Pistorius en Sarah Isherwood (afrigter).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!