NewsNews

Jong skoonheid help DBV

Carletonville: ‘n Jong model van die omgewing het onlangs eiehandig ‘n groot donasie vir die Carletonville Dierebeskermingsvereniging (DBV) bewerkstellig.

Anja Saaiman is ‘n finalis in die Toddler and Tween World-kompetisie en het besluit om as deel van die kompetisie, iets vir ons viervoetige vriende te doen. Hoewel Anja net agt jaar oud is, het sy ‘n insameling gereël wat baie ouer mense haar nie sal kan nadoen nie.
Sy het haar nie deur die inperkingstyd laat afskrik nie en het, ondanks die feit dat die insameling tussen 1 Februarie en 31 Julie plaasgevind het, steeds ‘n verskeidenheid honde- en katkos vir die DBV en ander produkte soos komberse, ingesamel.
“Ons waardeer die skenking baie,” sê die voorsitter van die DBV se bestuurskomitee, mnr. Piet Groenewald. Intussen is daar steeds verskeie pragtige honde en katte in die DBV se hokke wat wag dat iemand hulle huis toe neem.
Enige iemand wat meer wil weet, kan die DBV by (018) 788 6262 skakel. Hul hokke in Beersterstraat in Carletonville, agter die silo’s, is weeksdae van 09:00 tot 16:00 en Saterdae van 08:00 tot 11:00 oop vir die publiek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button