NewsNews

Oues se krag weer aangeskakel

Die inwoners van Wag-‘n-Bietjie Hof-kamers in die Drie Riviere Aftreeoord kan vir eers 'n sug van verligting gee.

Die inwoners kan die langnaweek met krag ingaan nadat hul kragtoevoer weer herstel is.

Die Herald se susterkoerant Vaalweekblad het berig dat die inwoners met uitsetting gedreig is en dat hul hul kragtoevoer Donderdagaand (18 Maart) afgesny is.

Die gebou is oorspronklik as ‘n kleedkamer vir die munisipale swembad ontwerp en nie bedoel vir mense om in te bly nie. Foto: Chrristiaan Cloete

“Na samesprekings tussen die eienaar en die bestuur het ons besluit om die krag weer aan te skakel,” het hy laat weet.

Volgens Hadders het die ontwikkelaar (SEDCOM) gesê hy sal aanspreeklikheid aanvaar.

Gerrie Hadders, voorsitter van die Drie Riviere Aftreeoord, sê die kragtoevoer is herstel.

Die storie het ‘n opskudding veroorsaak met talle mense wat hul mening op sosiale media gelug het.

Hadders het gister gesê dat die gebou reeds onveilig verklaar is deur die munisipaliteit en dat die oues wat weier om te trek hul lewens in gevaar stel deur daar te bly.

Die mure is besig om te kraak. Foto: Christiaan Cloete
Die gebou is glo onveilig. Foto: Christiaan Cloete
Daar bestaan kommer dat die gebou inmekaar kan tuimel. Foto: Christiaan Cloete

Hy het gesê dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit die hele Fase 3 van die Drie Riviere Aftreoord sal afskakel – nie net Wag-‘n-Bietjie Hof-kamers nie – indien Drie Riviere Aftreeoord nie die krag afgeskakel nie.

“Wat nou gebeur is in Emfuleni se hande,” het hy laat weet.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Oues se krag weer aangeskakel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button