NewsNews

Bekende TV- en rolprent-akteur, Ben Kruger, sterf

Okkie van Binnelanders sterf weens virus.

Die bekende akteur Ben Kruger, ook bekend as Okkie in die TV-sepie Binnelandsers, het gisteraand (25 Mei 2021) aan Covid-verwante gevolge gesterf.

Kruger het in sy akteursloopbaan van meer as 40 jaar diep spore op TV en op die land se verhoë getrap.

Baie lesers sal hom onthou as Neef Gert in die SABC-televisiereeks, 7de Laan. Hy was ook bekend vir sy rol in Snake Island.

Hy het vroeër jare ook in reekse soos RiemvasmaakThe Game en Skooldae gespeel.

Wyle Kruger het twee maande gelede, op 25 Maart, 64 jaar oud geword. Hy het die afgelope jare in Pretoria gewoon.

Die bekende akteur, Ben Kruger, ook bekend as Okkie in Binnelanders, het op 25 Mei gesterf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button