NewsNewsSportSport

Plaaslike stoeiers in provinsiale span

Stoeiers van Carletonville en Fochville het onlangs gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Lede van die twee stoeiklubs in die omgewing, die Ratel Amateur Stoeiklub in Carletonville en die Fochville Stoeiklub, het hulle die afgelope seisoen goed van hul taak gekwyt. Agt stoeiers van die twee klubs het só goed presteer dat hulle vir die Noordwes-span gekies is. Dié span neem dié week, van 6 tot 9 Oktober, aan die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap in Pretoria deel. Die klubs se afrigters, Gert Strydom en Johnny Rudolph, is ook gekies om deelnemers namens die provinsie by die nasionale kampioenskap by te staan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button