Veronica van der Westhuizen, Germiston, skryf:
Aan die man en vrou wat verhoed het dat my wit Toyota Corolla op 2 November, in Barbaraweg, gesteel word, terwyl ek by my vriendin gekuier het, wil ek net sê baie, baie dankie.
Sonder mense soos julle, wat bereid was om julle lewens op die spel te plaas om ‘n ander mens se eiendom te beskerm, sou ons bevolking armer gewees het.
Ongelukkig kon ek nie self met julle praat om julle te bedank nie, want my vriendin het so geskrik dat sy vergeet het om my te roep of om julle name te vra.
As julle dalk weer in die omgewing is waar die voorval plaasgevind het, wil julle nie asseblief julle name en foonnommers vir my daar los sodat ek julle persoonlik kan bedank nie?
God se rykste Seën bid ek julle toe vir die toekoms.
Weereens baie, baie dankie.



