Editor's noteEntertainmentLifestyle

Liewe Heksie kom na Emperors toe

Kinders sal Liewe Heksie geniet.

Lefra Produksies bring ‘n splinternuwe Liewe Heksie-verhoogproduksie na Emperors Palace.

Die skepper van Liewe Heksie, Verna Vels, is vanjaar 80 jaar jonk en, glo dit as julle wil, Liewe Heksie is vanjaar 50 jaar oud.

Maar Heksie word mos nooit ouer nie.

Lefra Produksies toer reeds die afgelope drie jaar met baie suksesvolle Liewe Heksie-produksies en, om Verna se verjaarsdag te vier, het regisseur Frans Swart vir haar oortuig om ‘n splinternuwe Liewe Heksie-storie te skryf.

So is Liewe Heksie en die Tuindwergie gebore.

“Ek wou nog altyd gehad het dat Heksie ‘n tuindwergie ontmoet, en wou sien wat sy met hom doen,” het Verna vertel.

“En glo my, ek is seker sy gaan weer in die moeilikheid kom!

“Ons maatjies moet maar kom kyk wat vang Heksie met die Casper, die tuindwergie aan.”

Liewe Heksie en die Tuindwergie is vanaf 22 tot 26 Oktober, om 11vm, in Emperors Palace se Theatre of Marcellus op die verhoog.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Germiston City News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button