
‘n Werknemer van Spec Savers is vanmiddag omstreeks 12:30 deur ‘n man met ‘n mes gedreig en van haar persoonlike besittings beroof.
Die skelm het haar selfoon, beursie (met kontant wat sy pas by ‘n OTM onttrek het), juweliersware en iPad afgeneem en haar agter in ‘n kantoor toegemaak. ‘n Werknemer van ‘n koeriermaatskappy het die winkel binnegekom en onraad vermoed.
Hy het die rower agternagesit en kon daarin slaag om die iPad en beursie terug te kry, maar die rower het weggekom met die juwele en selfoon.
Die polisie kon die selfoon tot in Germiston volg, waar die verdagte aangekeer is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



