
Gastehuiseienaars van Heidelberg waarsku besighede dat ‘n bedrieër in die omgewing bedrywig is.
‘n Afrikaanse man wat homself Pieter Steyn noem, het Saterdag by die gastehuis onder ‘n vals ID nommer ingeboek. Hy is die volgende dag weg sonder om te betaal en het die besigheid se afstandbeheer en bos sluitels saam gevat.
Die eienaar het die wit Kia Rio se nommerplaat afgeskryf en aan Heidelberg Speurtak oorhandig. Daar is toe uitgevind dat die voertuig vals nommerplate gehad het en op 2 Februarie in Florida, Johannesburg gesteel is.
Die bedrieër word as geset beskryf en hy loop met krukke. Hy is ongeveer 50 jaar oud en het valerige hare. Hy is ook lief om by restaurante te eet.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.