CrimeNews

Drie wat bejaarde beroof op borg vry

Ontvang borg van R300 elk.

Twee vroue en ‘n man van in hulle dertigs is op 6 April op aanklagte van huisroof en besit van vermoedelik gesteelde goedere deur Heidelberg polisie by hul huis in Rensburg aangekeer.

Die drie het glo ‘n bejaarde 81-jarige inwoner van Coen Labuschagnestraat om 09:40 van sy platskerm TV beroof.

Volgens Kaptein Thivhulawi Tshilate (woordvoerder) het die twee vrouens die bejaarde buite besig gehou, terwyl die man by die huis ingeglip en die huiswerker gedreig het.

Hy het die bejaarde se TV-stel in ‘n duvet toegedraai en by die huis uitgestap. Bure het die man met die TV-stel sien uitstap en hom as ‘n naburige inwoner erken. Die polisie is ontbied en die drie is in hul huis met die gesteelde item betrap en gearresteer.

Vrydag 8 April (15:00)

Die drie verdagtes het vanmiddag in Heidelberg Landdroshof verskyn en is op borg van R300 elk vrygelaat. Die saak is uitgestel om die beskuldigdes kans te gee om regsverteenwoordiging te kry. Al drie het aangedui dat hul van staatshulp gebruik sal maak. Hulle sal weer op 19 April in die hof verskyn.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button