CrimeNews

Verdagtes in vragmotor sleep bakkie meters ver en probeer wegjaag.

Vragmotor vol vermoedelik gesteelde dwarslêers.

‘n 41-Jarige Zimbabwiër is vanoggend gearresteer nadat drie verdagtes in ‘n vragmotor teen ‘n bakkie vasgejaag, hom etlike meters ver gesleep en toe probeer wegjaag het. Die vragmotor was vol vermoedelik gesteelde treinspoor dwarslêers.

 

Luitenant Kolonel Amanda Viljoen en Kaptein Thivhilawi Tshilate ondervra die verdagte
Luitenant Kolonel Amanda Viljoen en Kaptein Thivhulawi Tshilate ondervra die verdagte

Die voorval het net na 07:00 op die Poortjepad gebeur. Volgens die man in die bakkie was hy van Heidelberg na die Jameson Park petroleum depot onderweg toe die vragmotor nie by ‘n T-aansluiting gestop het nie en in hom vasgejaag het. Sy voertuig het onder die vragmotor vasgesit, maar die verdagtes het aanhou ry. Toe hy loskom het hy agter hulle aangejaag en beduie dat hulle moet stop. Hulle het hom weer gestamp en gesleep. Dié slag het sy bakkie waarskynlik die dieseltank onder die vragmotor beskadig en die voertuig het tot stilstand gekom.

 

2
Konstabel Noel Makhubela en Kaptein Thivhulawi Tshilate wys die vermoedelik gesteelde dwarslêers wat agter in die vragmotor gevind is.

Die drie verdagtes het uitgespring en in die mielielande gevlug. Die boer en sy werkers het op een van die verdagtes afgekom en hom aangekeer.

Heidelberg polisie en GPF-lede was vinnig op die toneel en ‘n soektog na die twee voortvlugtendes is begin. Die man in die bakkie is nie beseer nie.

 

4

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button