CrimeNews

Veearts getuig van aanranding

Hof hoor hoe man veearts herhaaldelik teen kop slaan.

Dr Steven Olivier, bekende veearts van Heidelberg het gister in Heidelberg Landdroshof getuig hoe hy op 3 Oktober verlede jaar by sy huis deur ‘n 29-jarige man aangerand is.

Die man se hond is dié Saterdag raakgery en hy het geëis dat Dr Olivier die hond ondersoek. Dr Olivier moes deur sy huis op die boonste vlak van die gebou na die voorkant loop om vir die man die hek oop te sluit.

Dr Olivier  het getuig dat terwyl hy nader gestap het, die man op hom begin skreeu en vloek het. Toe Dr Olivier die voorhek oopsluit, het die man hom met die vuiste bygedam.

Hy is deur paramedici op die toneel behandel en is in Life Suikerbosrand Hospitaal opgeneem.

Die saak is tot 8 Junie uitgestel wanneer die verdediging Dr Olivier sal ondervra.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button