CrimeNewsBreaking News

Sakeman beroof kort na onttrekking by plaaslike bank

NIGEL - ‘n Plaaslike sakeman is deur vier gewapende rowers oorval en van sowat R120 000 beroof.

Die voorval het ongeveer 12:00 vandag in Proteastraat plaasgevind.

Volgens die eienaar het hy pas teruggekeer na ‘n ontrekking by Eerste Nasionale Bank in die dorp. Hy het sy voertuig voor die huis gestop om eers die hek oop te sluit, toe ‘n silwer VW Jetta  agter hom stilhou. Vier gewapende mans het op hom afgeloop en hom deursoek.

Die mans het hom in Engels aangespreek en  een van die verdagtes het die bakkie se deur oopmekaar en die banksak met kontak uitgehaal, voor hulle in die Jetta gevlug het.

“Ek het seker gemaak geen voertuig agtervolg my van die bank af nie en ek het geen voertuig in die straat opgemerk toe ek voor die huis stilhou nie,” het die slagoffer aan HERAUT gesê. Hy glo vas die mans het agter ‘n halfgeboude muur in die veld oorkant sy huis, vir hom gewag.

Lede van Nigel SAPD het kort daarna opgedaag en ‘n saak van gewapende roof word ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button