CrimeNews

Geld vir bedelaars, koop dwelms

Polisie se waarskuwings val op dowe ore.

Heidelberg polisie vra voortdurend aan inwoners om nie geld aan bedelaars te gee nie. Dit lyk egter of die versoek en waarskuwing op dowe ore val. Kyk gerus wat skryf Van Zyl Schultz (iHeidelberg) hieroor:

Heidelberg gaan gebuk onder n instroming van leeglêers en boemelaars. Oud en jonk, swart en wit. Iets trek hulle na Heidelberg. Daar is ’n paar faktore soos die veiligheid op straat wat in groot stede ook vir die STRAATMENSE ‘n uitdaging blyk te wees. Die grootse faktor is egter die mooi gesindheid van die plattelanders soos die mense van Heidelberg. Met ander woorde dis makliker op straat in Heidelberg want iemand deur die dag sal jou ’n geldjie in die hand stop, of ’n kospakkie om die “honger” te stil.

Dit is geen geheim dat die dwelm-mark in Heidelberg floreer nie. Maak nie saak hóéveel goeie werk die SAPS en GPF doen nie, môre is daar ’n nuwe handelaar met nuwe voorraad.  EN DIS DIE WERKLIKE REDE HOEKOM ONS SO BAIE STRAATMENSE HET, want die lewe het hom so voos geslaan dat dwelms nou sy enigste veilige plek is, sy vere-kombers wat hy om hom toedraai as die realisme van die dag toeslaan.

So Mnr en Mev Goedgesind, jou geld onderhou sy of haar verslaafdheid……………………..

Harde woorde, ek weet, maar waar woorde verseker. ‘n “FIX” op straat kos R30 en ’n verslaafde het tot 10 ’n dag nodig om realisme intoom te hou. Dit is R300 per dag en DIT is hoekom selfone en laptops so gesteel word saam met nuwe TV’s. Dit word dadelik vir ’n belaglike bedrag verkoop en saam met die geld wat jy goedsmoeds deur die venster gee, onderhou hy sy straatlewe. Selfs die kospakkie word verkoop of geruil om net die FIX in die bloed te kry.

Dink dus mooi voor jy volgende keer maar net die goeie mens wil wees wat jy is.

Wees Veilig Heidelberg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button