
Heidelberg Polisie het ‘n man met vermoedelik gesteelde items vasgetrek. Sekuriteitsbeamptes van Crime Stop het ‘n verdagte in Ueckermanstraat met ‘n klein kluis opgemerk.
Hulle het die polisie verwittig en die man is in Fenterstraat aangekeer. Die polisie het ‘n klein trommel met ou munte in die kluis gevind. Hulle het ook los patrone van ‘n .22-geweer by die man gekry.
Adjudant Offisier Wollie Wolmarans doen ‘n beroep op die publiek om met inligting oor die vermoedelik gesteelde muntstukke na vore te kom. Indien die items aan jou behoort, of jy weet aan wie dit behoort, skakel A/O Wolmarans of Sersant Vusumuzi Zondo by 082 822 8367.



