CrimeNews

Skelms doen hul as huiskopers voor – besteel inwoners

Drie vroue en 'n man wat 'huise te koop' teiken en dan besteel, is bedrywig in Heidelberg.

Heidelberg polisie waarsku inwoners om bedag te wees op verdagtes wat hulself as huiskopers voordoen en dan waardevolle items uit die huis steel.

‘n Huiswerker van Jordaanstraat, Jordaanpark is op 20 Mei om 12:00 deur drie vroue en ‘n man genader. Die huis is te koop en die verdagtes het gesê dat hulle voornemende kopers is wat die huis wil besigtig.

Die werker het hulle eers toegang geweier omdat die huiseienaar haar nie daarvan laat weet het nie. Hulle het toe gemaak of hulle die huiseienaar skakel en die werker het hulle binnegelaat.

Die man het vir water gevra om die werker besig te hou terwyl die vroue juwele, ‘n speletjies konsole (play station) en kamera gesteel het.

Die diefstal is eers later ontdek.

Adjundant Offisier Vollie van Vollenhoven sê inwoners moet hul werkers opdrag gee om onder geen omstandighede vreemde mense in die erf of huis toe te laat nie. Hy vra dat inwoners wat die verdagtes opmerk, die sektor patrollievoertuie sal skakel. Hou die volgende nommers byderhand: Sektor 1 – 071 675 7396; Sektor 2 – 071 675 7295/2 en Sektor 3 – 071 675 7296/4.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button