CrimeNews

Gewapendes beroof winkel in Heidelberg Mall

Rig vuurwapens op werkers.

Drie gewapende mans het The Cross Trainer sportwinkel in Heidelberg Mall gistermiddag van kontant en voorraad beroof.

Die rowers het hulself as klante voorgedoen voordat hulle die vyf werknemers met vuurwapens aangehou en in ‘n stoorkamer toegesluit het.

Die rowers het met kontant, tekkies en sweetpakke te voet in die rigting van die N3 en die Suid-Afrikaanse Leërgimnasium gevlug. ‘n Reusesoektog is op tou gesit met patrolleerders van Heidelberg GPF, blitspatrollie en lede van Heidelberg Polisiestasie en Speurtak wat meegedoen het.

Die polisie helikopter is ook ingespan, maar die verdagtes het daarin geslaag om weg te kom. ‘n Sak met van die gesteelde items is teruggevind.

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button