
Volgens Maroela Media het die inkomstediens in ‘n persverklaring gesê die bedrogspul is deur talle lede van die publiek by SAID aangemeld.
Die bedriëers doen hulself as verteenwoordigers van SAID voor en nader niksvermoedende besigheidseienaars. Hulle eis dat ‘uitstaande belastin’ op onverklaarbare inkomste summier aan hulle betaal word.
“Geen kontant moet ooit aan skuldeisers of iemand wat hom as ‘n SAID-beampte voordoen, betaal word nie. Enige persoon wat eis dat geld onmiddellik aan hom/haar betaal word, moet dadelik by SAID aangemeld word,” het SAID in die persverklaring gewaarsku.
Die inkomstediens het beklemtoon dat uitstaande belasting of ander geld aan SAID verskuldig, slegs in sy amptelike bankrekening inbetaal moet word. Enige verdagte persoon of bedrywighede kan by die teenkorrupsie en -bedrogeenheid aangemeld word.
Die blitslynnommer is 0800 00 2870.



