CrimeNews

Skaapstelers aangekeer

Diewe loop doodluiters met gesteelde skape op Spookbrugpad buite Rensburg.

Inwoners se oplettendheid en Heidelberg polisie se vinnige optrede het daartoe gelei dat twee skaapdiewe vanoggend in Rensburg aangekeer is.

Die polisie het gereageer nadat iemand verdagte mense om 05:00 met skape op die Spookbrugpad in die rigting van Rensburg sien loop het. Adjudant Offisier Sakhelene Ngema, Konstabels Tseko Nyambose, Nokhuthula Mazibuko en Julius Dlamini het vinnig gereageer en twee van die drie mans het laat spaander toe hulle die polisie gewaar.

 

skape2

Een verdagte is op die toneel aangekeer. Vaalrand se polisie K9 honde-eenheid asook veediefstaleenheid het hulp verleen en ‘n tweede verdagte is aangekeer.

11 Lammers, twee ooie en ‘n ram ter waarde van R11 000 is teruggevind. Die skape is in die Bothaskraal plaasgebied gesteel. Volgens die boer is dit die derde maal dat hy onder skaapdiewe deurloop. Hy het die polisie vir hul vinnige optrede geloof.

Related Articles

Back to top button