CrimeNewsBreaking News

Dief loop sy rieme styf

Vrou looi hom met asblik toe hy handsak wil gryp.

‘n Dief wat vanoggend doodluiters by Viljoen & Meek Prokureurs in Voortrekkerstraat ingestap het, het nie rekening daarmee gehou dat sy slagoffer gaan terugveg nie.

 

2

 

Die man het vanoggend omstreeks 09:30 by die onderneming ingestap en hom as klant voorgedoen. Hy het gemaak of hy die badkamer wou besoek toe hy Winnie Marais (62) se handsak in haar kantoor probeer gryp.

 

Winnie het die waarskuwingsgille van haar kollegas gehoor en die dief met sy hand in haar handsak betrap. Sy het ‘n asblik gegryp en hom daarmee gemoker tot hy oorgegee het.

 

Haar kollegas het kom help en die polisie is laat kom. Hy is in hegtenis geneem.

 

3

Related Articles

Back to top button