News

Waar Heidelberg hang aan die Suikerbosrand

Sy nalatenskap aan Afrikaans sal altyd Heidelberg op die voorgrond hou met sy liedjie, ‘Waar Heidelberg hang aan die Suikerbosrand.’

Die legendariese sanger Sias Reynecke is op 8 Oktober 1982 aan ‘n hartaanval oorlede.

Sy nalatenskap aan Afrikaans sal altyd Heidelberg op die voorgrond hou met sy liedjie, ‘Waar Heidelberg hang aan die Suikerbosrand.’

Reynecke het sy Groep Twee-sangmaat Gert van Tonder in 1963 ontmoet, waarna hulle gesukkel het om ‘n platekontrak te kry. Hul eerste opname was ‘Die Oukraalliedjie’ en ‘Die padda wou gaan opsit.’ In Maart 1967 het ‘Die Oukraalliedjie’ op Springbokradio ‘n 13deplek losgeslaan in die Springbokradio se Top 20. Hulle het gevorder tot derdeplek en 15 weke op die Top 20 gebly. Oktobermaand van dieselfde jaar ontvang hulle ‘n goueplaat toekenning.

Reynecke het ‘The Treble Airs’gestig en weggebreek van ‘Groep Twee,’ maar dit was nie suksesvol nie. Sy eerste solo album, ‘My geskenk aan jou’ se titelsnit is deur Gert van Tonder geskryf.

In 1979 ontstaan die Musiek-en-Liriekbeweging waar Reynecke in samewerking met Des Lindberg, Mynie Grové en Laurika Rauch liedjies wat uit hierdie beweging ontstaan het, aan die publiek bekendstel.

Rina Hugo het in die jaar na Reynecke se dood in haar debuutalbum die liedjie “Sanger sing vir my” ter nagedagtenis aan hom opgedra. Amanda Luyt het Reynecke se treffer “Die seewind bring heimwee” vyf jaar na sy dood opgeneem. Die Belgiese sangeres Dana Winner het Reynecke se ‘Sproetjies’ opgeneem en weereens was die liedjie ‘n sukses.

Sias Reynecke het diep spore getrap in die Afrikaanse musiek en sy stem sal voortleef. Heidelberg sal hom onthou, want een van die mooiste dorpe in Suid-Afrika is “Waar Heidelberg hang aan die Suidkerbosrand.”

Volg ons:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button