News

Valskermsoldate kry erkenning vir 50-jaar lidmaatskap

Oud-soldate uit Heidelberg van Een Valskermbataljon het op 2 April by die Ou Tronk in Jordaanstraat vir die 50-jaar herdenking van vier van hul lede vergader.

Dit was ‘n spesiale aand vir vier valskermsoldate wat meer as 50 jaar gelede deel van dié spesiale militêre  eenheid geword het.

Die aand is met die uitdeel van pette wat die ‘Parabat Veterans Organisation’ (PVO) vir die soldate gestuur het om dankie te sê vir hul diens en lojaliteit aan hul land, afgeskop. Op die pette staan die soldate se noemname, lidnommers en die jaar wat hulle deel van die militêre eenheid geword het.

Elkeen van die soldate weet dat niemand met ? sagte geaardheid deel van die Valskermbataljon kan word nie. Herman Palm, voorsitter van die oudsoldate in Heidelberg van Een Valskermbataljon, sê dat oor die 100 manne sal aansluit om ‘n valskermsoldaat te word, maar slegs 10 dit deur die opleiding sou maak.

Opleiding sluit in strawwe fisiese oefeninge wat manne verby hul vermoëns druk en hulle word uit die program geskop sou hulle een fout begaan. Deur die opleiding word daar van troepe verwag om ? 10 meter tou tot bo te klim en hulle moet hul maat vir 100 meter op hul rug dra asof hy beseer is en moet albei se toerusting boonop ook kan dra. Vir van die manne het die vyf maande opleiding gevoel asof dit nooit einde gaan kry nie.

Volgens paradata.org.uk is die eerste Suid-Afrikaanse Valskermbataljon op 1 April 1961 onder bevel van kmdt Louwe gestig. Dit het daartoe gelei dat uitgesoekte lede van die Suid-Afrikaanse weermag opleiding en instruksie by RAF Abingdon en van die Britse Valskerm Regiment ontvang het.

Operasies deur die Valskermbataljon het in Suidwes-Afrika (nou Namibië) begin en het byna 20 jaar langs die grens met Suid-Afrika en Angola voortgeduur. In April 1978 is die 44ste Valskerm Brigade gestig met die toevoeging van Twee en Drie Valskermbataljonne.

Dit is in Mei 1978 deur Operasie REINDEER, Suid-Afrika se eerste groot konvensionele valskerm aanval uit die lug gevolg. Al drie bataljonne het ? valskermaanval op ? groot Swapo-basis in Cassinga in Angola onderneem, ondersteun deur ‘n aanvalsvliegtuig.

Die operasie was suksesvol en omstrede as gevolg van die verlies van Swapo-lewens. Die eenheid is van oorweldiging deur die Kubaans-bemande gepantserde kolonne op die laaste nippertjie deur ‘n helikopter gered.

 

Volg ons op:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button