News

Papenfus wen eerste liggaamsbou kompetisie

Nou het hy sy oog op Mr Olympia-titel

Rohann Papenfus (21) het sy eerste liggaamsbou kompetisie gewen tydens die ‘IFBB (International Federation of Bodybuilding & Fitness) Professional League iCandy Classic Jozi – Junior Classic Physique’ wat by Rhema Bible Church North in Randburg op 13 April plaasgevind het. Dit was egter net die begin. Hy het nou sy oog op die wêreldtitel.

 
Papenfus se volgende kompetisie vind op 28 September in Johannesburg by die Muscle Mulisha GrandPrix plaas. Hy beoog om hier ook ‘n eersteplek te behaal en deur te dring na die volgende kompetisie waar hy sy professionele kaart kan verower. Dié kaart sal hom in staat stel om aan te beweeg na die groter kompetisies en hom ‘n stappie nader aan die ‘Mr Olympia’ titel te bring.

 

‘Mr Olympia’ is die kroon vir die wenner van die professionele mans se liggaamsboukompetisie wat deur Joe Weider se ‘Olympia Fitness & Performance Weekend’ aangebied word. Dit is ‘n internasionale liggaamsboukompetisie wat jaarliks deur die IFBB aangebied word.

 
Papenfus het op skool aan verskeie sportsoorte deelgeneem, maar sê dat dit nie werklik vir hom ‘n groot aantrekking was nie. Hy het na ‘n fisieke sport gesoek waarin hy meer oor sy liggaam kon leer en ook sy selfbeeld kon verbeter.

 

“Sport op skoolvlak het my nie regtig geïnteresseer nie. Ek het na iets meer gesoek,” het Rohann vertel.

 

“Liggaamsbou het begin as iets wat ek kon doen om beter te voel oor myself, en toe ek weer sien, het ek myself geestelik en liggaamlik in dié sport ingegooi,” het hy vertel.

 

Papenfus het van sy roetine voor ‘n kompetisie en wat dit alles behels, gesels. “Dit is ‘n eensame sport. Mens is meeste van die tyd besig om etes voor te berei, of om by die gimnasium te wees.

 
Papenfus sal nou harder as ooit vantevore oefen om gereed te wees vir die Muscle Mulisha GrandPrix, waar hy beoog om sy volgende eersteplek in te palm.

 

Volg ons op:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button