Jordaan se hofsaak uitgestel nadat hy noodoperasie ondergaan
Jaco Jordaan wat op klagtes van bedrog teregstaan, het sy hofdatum van 15 Maart vrygespring nadat hy ‘n noodoperasie drie dae voor sy verskyning moes ondergaan.
Die hofsaak is nou na die Evander Streekshof oorgeplaas en na 22 Julie uitgestel.
Jordaan (52) wat van meer as R100 miljoen se bedrog verdink word, is kort na sy verskyning in die Secunda Landdroshof op 28 Augustus 2018 (waar hy op R50 000 borg vrygelaat is) op ‘n soortgelyke aanklag deur lede van Sandton SAPD by die hof ingewag. Hy is weer gearresteer en het op 30 Augustus 2018 in die Wynberg Landdroshof verskyn waar dié saak tot 30 November 2018 uitgestel was.
Speurders van Secunda en Kriel SAPD het Jordaan aanvanklik op 26 Februarie 2018 by Germiston polisiekantore in hegtenis geneem toe hy probeer het om sy skootrekenaar en persoonlike eiendom terug te kry.
Lees ook: SAPD fynkam Jordaan woning vir leidrade
Dit was in die polisie se kluis terwyl Jordaan tyd in hul polisieselle deurgebring het weens ‘n soortgelyke dossier wat reeds in 2012 in Gauteng teen hom geopen is. Heelwat slagoffers van Kriel is bejaarde pensioentrekkers of mense wat ongeskik vir werk verklaar is en hul hele pensioen by Jordaan belê het met die verwagting om groot bedrae rente per maand te ontvang.
Dit het na bewering vir jare goed gegaan todat die maandelikse uitbetalings in September 2017 opgedroog het. Die Ernstige Kommersiële Misdaadondersoekeenheid in Mpumalanga (Direktoraad vir prioriteitsmisdaadondersoek) het in Maart 2018 die ondersoek oorgeneem.
| Volg ons op: | ||
![]() |




