News

Heidelberg eerstes buig knie teen Elsburg se manne

Die eindtelling was nie soos Heidelberg dit wou hê nie omrede die Berge op ‘n goeie aanval oppad doellyn toe was, toe die skeidsregter besluit het om die wedstryd tot ‘n einde te roep met ‘n telling van 18-8 met nog 15 minute speeltyd oor.

Heidelberg Rugbyklub se eerstespan het op 11 Mei teen Elsburg Rugbyklub, wat tans in die eerste posisie op die punteleer in die Kestrel-liga lê, op Elsburg se tuisgronde die stryd verloor. Die manne van Heidelberg het terug geveg, maar kon net daarin slaag om een drie deur die agtsteman Wayne de Waal te druk. Pieter Ras (heelagter) het daarin geslaag om ‘n strafskop deur die pale te klits.

 
Die eindtelling was nie soos Heidelberg dit wou hê nie omrede die Berge op ‘n goeie aanval oppad doellyn toe was, toe die skeidsregter besluit het om die wedstryd tot ‘n einde te roep met ‘n telling van 18-8 met nog 15 minute speeltyd oor.

 
Heidelberg se dames rugbyspan het ook Saterdag op Elsburg teen die dames van Benoni Rugbyklub te staan gekom . Heidelberg se losskakel Helen Underhay het daarin geslaag om die enigste punte vir die span aan te teken en het ook haar eie drie verdoel. Die eindtelling was 41-7 in Benoni se guns. Dit was die dames se tweede wedstryd. Die klub nooi dames om by hulle aan te sluit vir oefening op Maandae, Woensdae en Vrydae om 17:00 by JW Luckhoff se rugbyveld.

 
Heidelberg Rugbyklub spog nou ook met ‘n junior rugbyspan met seuns tussen die ouderdomme van 6 en 18 en hulle oefen Maandae en Woensdae om 18:00 waar die afrigter Jaco van Rensburg en sy helpende hande PJ du Toit en Wayne de Waal met die seuns gaan werk.

 
Heidelberg Rugbyklub kom eerskomende naweek (18 Mei) vanaf 15:30 te staan teen Delmas in ‘n tuiswedstryd. Ondersteuners word genooi om die manne te kom ondersteun. Ingang is R10 per persoon of voertuig en laerskoolkinders is gratis.

 
Die dames rugbyspan speel te Springs Rugbyklub teen die vrouespan van Tembisa op 18 Mei om 14:00. Skakel Sean Greyling (voorsitter) by 083 611 2581 of Jaco van Rensburg (hoofafrigter) by 074 691 8158 vir meer inligting omtrent die klub.

 

Volg ons op:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button