News

UPDATE: Gru-ongeluk eis 10

Twaalf voertuie, waaronder ses vragmotors, twee minibusse, drie ligte motorvoertuie en 'n bakkie was in die ongeluk betrokke.

Die dodetal het na 10 gestyg nadat een van die beseerdes in die gru-ongeluk van 27 Mei op die N3-snelweg Suid by die Barry Marais afrit, in die hospitaal beswyk het.

 
Vosloorus Nooddienste het ‘n oproep ontvang van ‘n multi-voertuig kettingbotsing op die N3-snelweg suid.

 

Twaalf voertuie, waaronder ses vragmotors, twee minibusse, drie ligte motorvoertuie en ‘n bakkie was in die ongeluk betrokke.

 
Nege mense is op die toneel dood verklaar en 21 ander met beserings is na verskeie hospitale vervoer.

 

Nooddienste het gespook om lewens te red na ‘n ketting botsing op die N3-snelweg op 27 Mei plaasgevind het. Privaat asook staat nooddienste was op die toneel saam met die Provinsiale Verkeersdepartement, EMPD en die SAPD.

 

Een pasiënt het op 28 Mei in die hospitaal gesterf, wat die dodetal op 10 bring.

 
William Ntladi (woordvoerder van Ekurhuleni Nood- en Rampdienste) het bevestig dat die oorsaak van die ongeluk onbekend is.

 

‘n Nabygeleë veldbrand wat beperkte sigbaarheid veroorsaak het kan moontlik die oorsaak van die opeenhoping wees.

 
Andries (AJ) Oosthuizen van Heidelberg was ook in die botsing betrokke en het geringe kopbeserings opgedoen.

 

Hy moes steke ontvang en glas is uit sy kop verwyder. Oosthuizen het sy dankbaarheid op oorlewing met ‘n Facebook inskrywing beklemtoon.

 

“Dankie Vader dat ek vandag oorleef het. Ons God se genade is GROOT,” het Oosthuizen geskryf.

 

‘n Vragmotor bestuurder van Grande Roux Voere was ook in die botsing betrokke.

 

Volgens Grande Roux se woordvoerder is hy ongedeerd, slegs die vragmotor het groot skade opgedoen.

 
Jarelange Heidelberg inwoner en geliefde vriend Malcolm (Mac) McDonald (76) het in die botsing gesterf.

 

Volg ons op:

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button