News

Volkies ervaar ‘n besonderse Hemelvaart diens

Die verhaal het begin waar die vroue na Jesus se graf gegaan het en ‘n engel aan hulle gesê het dat Jesus opgestaan het. Die vertelling het geëindig waar Jesus opvaar na die hemel.

Laer Volkskool het Hemelvaart op 30 Mei met ‘n besonderse diens by Heidelberg NG Moedergemeente (Klipkerk) gevier.

 
Ds Bennie de Klerk, Ds Alta Kotzee, Riana Hendriksz en Coenie Smit het voorlesings gedoen met Marlize Muller wat ‘n orreluitvoering gegee het.

 
Ds Bennie het die rol van Petrus vertolk, Ds Alta was die verteller, Riana was Maria en Coenie die kwaai soldaat.

 
Die verhaal het begin waar die vroue na Jesus se graf gegaan het en ‘n engel aan hulle gesê het dat Jesus opgestaan het. Die vertelling het geëindig waar Jesus opvaar na die hemel.

 

Klein Volkies tydens Laer Volkskool se viering van Hemelvaart by die Klipkerk.

 

Ds Bennie het afgesluit deur aan die leerders te sê dat daar agt spierwit duiwe in die lug losgelaat sal word. “Duiwe herinner ons aan die Heilige Gees en daardie duiwe gaan altyd terug na hulle eienaar se huis toe. Ons moet soos daardie duiwe wees en teruggaan na ons God toe deur te bid, Bybel te lees en Sondae kerk toe te gaan,” het Ds Bennie gesê.

 

Die Klipkerk het ‘n besonderse Hemelvaartdiens aan leerders van Laer Volkskool gebied.

 
Leerders van die Grondslagfase is in die kerksaal deur Didi Kok met Bybelverhale geboei.  Sy het deur middel van ‘n swart- en wit sirkel verduidelik dat daar ‘n sondige wêreld is, maar dat Jesus lig in die wêreld gebring het. Sy het twee stoele aan die kleingoed gewys en gedemonstreer dat mens net op een stoel op ‘n slag kan sit. “Jy moet die keuse maak oor wie op die troon van jou lewe sit. Jy kan nie op altwee stoele gelyk sit nie, jy moet soos Daniël ‘n keuse maak.

 

“Daniël het reg gekies. Hy het die geheim van gebed reg toegepas en was nie bang nie, selfs toe hy in die leeukuil beland het. Hy wat die Seun van God het, het die ewige lewe,” het Didi afgesluit.

 
Die kinders het na afloop van die diens in die parkeerarea vergader, waar Mnr Piet Strydom (hoof) die agt duiwe losgelaat het. Die duiwe het ‘n paar maal (onder luide toejuiging) bo die kinders gesirkel, voor hulle huiswaarts gekeer het.

 

 

Volg ons op:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button