News

Regan se toekoms vol planne om eendag treine te bou

Lewenslugtige knaap vier nog 'n kankervrye diagnose ná lang, harde pad na herstel.

Vir Regan Schreiber (9) is die lewe nou ‘n lied. Februarie van 2017 was vir die Schreiber-gesin ‘n maand van hel. Regan was met fase twee Hodgkins Limfoom kanker op die ouderdom van ses gediagnoseer. Vandag is hy egter twee jaar in remissie en volgens sy dokters lyk die pad vorentoe kankervry.

 
Regan het in Graad 1 met geswelde kliere gesukkel, maar daar was aanvanklik geen kommer nie. Later het die kliere meer prominent begin uitstaan en Regan het gekla dat dit seer is. Talle doktersbesoeke en houers vol antibiotikum later, het hulle na Charlotte Maxeke Hospitaal gegaan waar ‘n biopsie en beenmurgtoetse uitgevoer is. Kanker is gediagnoseer en daarna moes Regan elke twee weke tot en met 7 Augustus chemoterapie ondergaan.

 

“Dit het later Regan se are begin brand en vandag sukkel die dokters om ‘n aar wat gesond is in Regan se arm op te spoor,” vertel sy ma Charlotte.

 
Met Regan se laaste besoek aan die dokter in Maart vanjaar, het toetse gewys dat hy steeds in remissie is en dat daar geen tekens van kanker in sy lyf meer is nie. Sy volgende opvolg besoek is op 4 Junie waar dieselfde toetse weer gedoen gaan word om te bevestig dat hy steeds gesond en kankervry is.

 
Regan is tans in Graad 2 en geniet skool terdeë. Hy is deel van die o/9 rugbyspan, speel krieket en is selfs deel van die spreekkoor by Laerskool Tini Vorster. In Februarie vanjaar was Regan deel van die Reach for a Dream span wat na Sandton City gegaan het om by Suid-Afrika se eerste Lego-winkel te baljaar. Hy het ook daar ‘n elektriese Lego-treinstel ontvang wat hy vreeslik waardeer.

 

“Wanneer ek groot is, wil ek treine bou,” het Regan blinkoog aan HERAUT vertel.

 
Regan is vol hoop en weet dat hy ‘n blink toekoms het, vertel sy ma. “Ons sal nooit aan die gemeenskap in woorde ons dankbaarheid kan oordra nie. Die bydraes en ondersteuning was in oorvloed en ons is ongelooflik dankbaar,” het sy afgesluit.

 

Volg ons op:

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button