News

Ruan wen goud in eerste toernooi

“Die seuns het hulself uit hul gemaksone gehaal, ‘n doel voor oë gehou en dit nagestreef,” het Pretorius gesê.

Ruan Moller (14) van Ability Academy Rio Grappling Club Heidelberg het ‘n goue medalje tydens ‘n No-Gi Grappling toernooi huis toe gebring.

 
Ruan en Marius Cloete (10) het op 1 Junie aan die toernooi in Alberton deelgeneem. Hoewel dit Ruan se eerste grappling-kompetisie was, het hy dit reggekry om die geveg te wen. Volgens Stefan Pretorius (afrigter) was Marius se afdeling moeilik en het hy uitgeval. Dit was sy tweede kompetisie.

 
“Die seuns het hulself uit hul gemaksone gehaal, ‘n doel voor oë gehou en dit nagestreef,” het Pretorius gesê.

 

Volg ons op:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button