News

Amateur fotograwe toor met lig

Heigel Fotoklub se fotograwe het weer hulself oortref met pragtige inskrywing vir Junie se onderskeie kompetisies.

Lede van die klub het op 12 Junie vir hul maandelikse byeenoms vergader waar wenners in die onderskeie afdelings aangewys is. Die wenfoto vir die maand is Alida du Toit se foto getiteld ‘Festive Johannesburg’.  In die afdeling vir juniors het Celia Lezar se foto ‘Love” die eersteplek verdien.

 

Die tema vir die maand se fotokompetisie was ‘Painting with light’ en hier het Charlotte Pistorius se foto getiteld ‘Fire Colour’ haar die eersteplek besorg.

 

Die junior afdeling van Heigel Fotoklub se Junie kompetisie is deur Celia Lezar gewen. Hier is haar inskrywing getiteld ‘Love’.

 
Heigel Fotoklub se lede kom maandeliks byeen waar insiggewende raad en besprekings rondom fotografie gedeel word. Alle ouderdomme is welkom om by die klub aan te sluit en aan maandelikse kompetisies deel te neem. Daar is verskeie afdelings en selfs selfoonfoto’s word in ‘n afdeling toegelaat.

 

Charlotte Pistorius het die algehele wenfoto volgens die maand se tema geneem. ‘Painting with light’ was die tema en haar pragfoto ‘Fire Colour’ het aan haar eersteplek besorg.

 
Die volgende byeenkoms sal op 10 Julie by Nigel Tennisklub vanaf 18:30 vir 19:00 plaasvind. Vir meer inligting omtrent die klub se aktiwiteite kan Francois van Jaarsveld by 083 659 9657 geskakel word.

 

Volg ons op:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button