Local newsNewsUpdate

Bekende Heidelberger Tienie Strydom oorlede

Eienaar van Lyncor Paneelkloppers verloor stryd ná lang siekbed.

Bekende en geliefde sakeman Tienie Strydom is op 22 November in die ouderdom van 81 jaar na ‘n lang siekbed oorlede.

Tienie is op 5 Desember 1937 in Heidelberg gebore. Hy was aan Laer Volkskool en Hoër Volkskool verbonde en sal veral onthou word as eienaar van Lyncor Paneelkloppers wat hy saam met sy seun Anton in 1989 begin het.

Tienie se geliefkoosde tydverdryf was sy tuin, herstelwerk aan voertuie en sy liefde vir sang. Hy het ook die mondfluitjie bespeel. Hy was ‘n geliefde gesinsman en mense-mens en kon vir ure staaltjies vertel wat sy kinders en kleinkinders aan sy lippe laat hang het.

Sy vrou van 57 jaar, Corrie het hom by die huis tydens sy siekbed versorg. Hy het voortdurend vir haar gesê dat hy vir haar verjaardag op 22 November wag en is toe ook op dié dag oorlede.

Sy dogter Annabelle Tromp sê die familie het berusting, want hulle weet hy stap nou in die Hemelse tuin.
‘n Gedenkdiens is op 29 November vanuit die Hervormde Kerk Heidelberg gehou. Tienie laat sy vrou, drie kinders, skoonkinders, sewe kleinkinders en twee susters agter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button