Local newsNewsUpdate

Heidelberg spog met sewe nuwejaarsbabas

Kersdag lewer vier dogtertjies op.

Sewe Nuwejaarsbabas het vanjaar by Heidelberg se twee hospitale hul opwagting gemaak.

 

Drie seuns en drie dogters is in Heidelberg Hospitaal gebore.

 

Lea-Mari Kriel se trotse ouers Zander en Mari het haar om 15:20 op 1 Januarie in Life Suikerbosrand Hospitaal verwelkom. Sy het 3.8kg geweeg en is 58cm lank. Dit is die Balfour-egpaar se tweede dogtertjie en die baba (wat op 22 Desember verwag is) het haar ouers tot 1 Januarie in afwagting gehou.

Botshabo Boroko van Nigel se babadogter het om 06:30 eerste haar opwagting in Heidelberg Hospitaal gemaak. Sy het 3.640kg geweeg. Catherine Baleseng van Heidelberg het om 12:00 geboorte aan haar dogtertjie van 4.06kg gegee met Sizeka Mangesi van Ratanda wat haar seuntjie om 16:05 verwelkom het. Hy het 3.220kg geweeg.

 

Die verpleegpersoneel het skaars tyd gehad om asem te skep toe Nonkululeko Mathebula van Zonkizizwe se seuntjie om 18:25 sy opwagting gemaak het. Hy het die skaal op 3.440kg laat stilstaan. Nqebekazi Qulu van Marievale se dogtertjie is om 19:40 gebore en het ‘n skrale 2.730kg geweeg. Die laaste baba van Amanda Mbonani van Devon het om 10:45 haar opwagting gemaak. Sy het 3.210kg geweeg.

Life Suikerbosrand Hospitaal het geen Kersbabas gehad nie, maar by Heidelberg Hospitaal is vier dogtertjies op 25 Desember gebore.

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button