Local newsNewsBreaking News

JP Delport laat 33-jaar oue rekord spat

Vorige rekordhouer verras Vissie vanoggend met saalopening.

Juan-Pear (JP) Delport van Laerskool AG Visser is vanoggend (27 Januarie) deur Christo Boshoff (vorige rekord houer van Laerskool AG Visser se interhuisbyeenkoms in 1987) tydens saalopening verras.

 

JP het Christo se rekord van 33 jaar in die 1 200m vir seuns o/12 laat spat toe hy die afstand in ‘n tyd van 4:00.91 (teenoor Christo se rekord van 4:02.60) afgeblits het.

 

Christo wat in Johannesburg woon is deur ‘n goeie vriend Stefan Le Roux van die rekord in kennis gestel. Christo het besluit om vir JP persoonlik te kom gelukwens. Hy het ‘n paar splinternuwe hardloopskoene aan JP geskenk.

Christo het aan die seun gesĂȘ dat rekords gemaak is om verbeter te word en dat hy baie trots op JP is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button