Local newsNews

Hartseer afskeid vir geliefde inwoner van Nigel

Karin Bronkhorst (55), bekende inwoner van Nigel en administratiewe beampte by CoE se korporatiewe regsafdeling by Nigel Stadsraad, het op 25 Januarie ná ‘n kort siekbed by Garden City Hospitaal gesterf.

Huldeblyke stroom steeds in en haar geliefdes staan verstom oor die magdom eerbetoning. Ntombi Mekgwe, voormalige burgemeester (van Nigel en daarna CoE) en tans die speaker van die Gautengse Wetgewer, het gesê Karin se afsterwe is met groot skok ontvang.

“Karin het diep spore in die plaaslike gemeenskap getrap en ‘n groot en omvattende rol in haar hoedanigheid as werknemer by die stadsraad gespeel. Sy was soos ‘n sederboom – sterk, regop, reikend na bo, met oopgespreide arms, wat almal altyd in haar liefde, omgee en toewyding omvou en gehelp het,” het haar jarelange vriend David Niebuhr haar beskryf.

‘n Spesiale roudiens deur amptenare verbonde aan City of Ekurhuleni, word vandag by Nigel Stadsaal gehou.

Haar begrafnis vind op 30 Januarie vanuit die NG Moedergemeente Nigel plaas, waarna sy by Nigel Begraafplaas ter ruste gelê is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button