Local newsNewsBreaking News

Groot skade ná brand in spreekkamer

Bure van Heidmed Mediese Sentrum in Heidelberg blus vlamme met emmers.

‘n Brand wat in die vroeë oggendure van 9 Februarie by die Heidmed Mediese Sentrum in Ueckermannstraat ontstaan het, het groot skade aan die spreekkamers aangerig.

Die dokters (wat as Heidelberg se Groot 5 bekendstaan) wat hier praktiseer is Dr Bobby Koller, Dr Sandra Carstens, Dr Siewert Alkema, Dr Tinus Kruger en Dr Hannes Snyman.

 

Dr Bobby Koller sê hulle is dankbaar vir die bure wat vinnig ingespring en die vlamme met emmers water geblus het. Dit het gekeer dat die brand verder versprei, maar die rook en roet het skade aan die hele gebou aangerig.

 

 

Pusi Panca, haar broer Charles en sy 12-jarige tweeling seuns het om 03:00 van ‘n harde slag wakker geskrik. Hulle woon in die woonstelle langs die spreekkamers. “Ons het eers gedink iemand breek in, maar toe sien ons die vlamme by een van die spreekkamers se vensters,” het Pusi vertel.

 

Charles en Lihle het die emmers volgemaak en dit deur die venster van hul woonstel aan Pusi en Live aangegee wat dit op die vlamme gegooi het.

 

Dr Koller sê die hele gebou sal binne uitgeverf moet word en hulle vra pasiënte om na Life Suikerbosrand Hospitaal te gaan vanwaar die dokters vir die volgende week of twee (tot die skade herstel is) sal praktiseer. Pasiënte kan steeds die gewone kantoornommer by 016 341 4121 vir afsprake skakel.

 

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button