Groot pryse op die spel by FAK se Afrikaanse Ekspo
Die FAK se Afrikaanse Ekspo het afgeskop en groot pryse is op die spel.

Vir alle leerders wat tuis vasgekeer is, is dit die ideale geleentheid om jouself op ‘n kreatiewe manier besig te hou.
Die ekspo is ‘n opwindende skryfkompetisie wat veral fokus op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans. Vanjaar se tema is musiek.
Leerders en studente in Suid-Afrika, Namibië en enige land ter wêreld waar Afrikaans as moedertaal of nie-moedertaal gebruik word, kan inskryf. Die FAK moedig veral ook studente van Afrikaans departemente aan om deel te neem.
Die poësie en kuns afdeling is oop vir Graad 1 tot Graad 12 asook voorgraadse studente.
Die dagboekinskrywing, resensie, opstel, kortverhaal en fotografie afdeling is oop vir Graad 6 tot Graad 12s.
Daar is groot pryse op die spel vir afdelingwenners en die wenskool ontvang R10 000.
Inskrywings kan aanlyn by www.ekspo.fak.org.za gedoen word. Wanneer die leerder inskryf, ontvang hy/sy ‘n verwysingsnommer wat bevestig dat die inskrywing ontvang is.
Alle inskrywings moet teen 11 Julie 2020 ingehandig wees. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
Vir meer besonderhede kan Samantha by 079 294 9817 (ook via WhatsApp) geskakel word of stuur ‘n e-pos na ekspo@fak.org.za




