Local newsNews

Belangrike noodnommers gedurende grendeltyd

NIGEL/HEIDELBERG - Die grendelgreep is ‘n emosionele tyd van kommer en groot onsekerheid vir byna elke Suid-Afrikaner.

Verblyf en voedselnood het onrusbarend toegeneem en duisende gesinne landwyd voer ‘n opdraende stryd wat na verwagting vir maande kan voortduur. Intussen het verskeie welsynsdienste, asook nie-winsgewende organisasies en barmhartige samaritane in Nigel en Heidelberg hulle die afgelope maand oor behoeftige gesinne ontferm en word daar daagliks kragte saamgesnoer om ten minste een warm ete of ‘n kospakkie onder behoeftiges uit te deel. Sou jy in nood verkeer, skakel die volgende instansies:
NIGEL
1. Nigel SAVF – Ina Uys- 072 2400 078. Dié organisasie verskaf welsynsdienste aan behoeftige gesinne, maar registrasie is noodsaaklik.
2. AGS Aquila gemeente – Beverly Kleinsmith – 072 125 0081. Die gemeente verskaf kospakkies sowel as pastorale berading.
3. CMR Nigel: Vir algemene welsyns-, kinder- en gesinsorgdienste en uitdeel van nood voedselvoorraad en klerasie. Skakel 011 814 6088.
4. Theresa Scholtz – 0823217067 of 011 739 4712. Theresa is deel van ‘n groep individue wat daagliks sop vir meer as 70 behoeftiges kook. Hulle benodig ook skenkings van groente, maalvleis en hoender.
5. Elsie Reyneke – 082 301 8094. Elsie is deel van ‘n groep individue wat daaglikse warm etes aan behoeftiges voorsien en verwelkom enige skenkings deur die publiek.
Emosionele bystand:
Emosionele bystand vir ondermeer angs, depressie of huishoudelike geweld:
1. Ds David Niebuhr – 076 310 1864
2. Nardie Moller – 079 481 3951
3. Pastoor Danie Hartzer – 082 338 7747
Verslawing:
Vir hulp met verslawing gedurende die grendeltyd, kan die volgende persone geskakel word:
1. Freedom Recovery Centre – Derik Mathews – 082 506 7890
2. Liefie Oosthuizen – 082 427 8712
Misdaad:
Misdaad kan by Nigel SAPD aangemeld word deur 011 812 6503 te skakel of die sektornommers hieronder:
Sektor 1: A/O Justin Sherwood (082 778 9040).
Sektor 2: A/O J Janse van Rensburg (082 774 9827).
Sektor 3: A/O Bez Bezuidenhout (082 787 2901).
Nasionaal:
SADAG (depressie en angs) – 0800 456 789
Verslawing: Narcotics Anonymous – 0861 006 962

HEIDELBERG 
Inwoners wat voedselhulp benodig, kan die volgende instansies skakel:
1. Lesedi Community Centre (LCC): gekookte etes sowel as kospakkies. Skuiling aan hawelose mense. LCC bied bystand aan talle organisasies in Heidelberg en benodig kos- sowel as kontantskenkings. Navrae: Mari Briel by 082 762 7725.
2. SAVF: Die SAVF sien om na hulpbehoewende gesinne en beskik ook oor maatskaplike werkers. Navrae: Kantoor (016 341 2329 08:00 tot 16:00 weeksdae) of maatskaplike werkers Lunga Sibiya by 084 753 4327 of Lethabo Nkoagatse by 073 011 2961.
3. NG Kerk Rensburg: Kospakkies aan hulpbehoewende Rensburg-inwoners. Hulle benodig dringend kosskenkings van die publiek. Navrae: Margie Grobler by 074 586 4927.
4. NG Moedergemeente (Klipkerk): Kospakkies en enige pastorale hulp. Navrae: kantoor by 016 341 2483 (weeksdae van 09:00 tot 12:00).
5. Zandunay’s Angels: Zandunay’s Angels gee kospakkies sowel as gekookte etes. Hulle benodig egter fondse sowel as kosskenkings om in die groot behoefte te voorsien. Navrae: Rienie Botha by 073 656 6343.
6. Meals on Wheels Heidelberg: Meals on Wheels verskaf gekookte etes sowel as kospakkies. Navrae: 016 342 0309 of Charl du Toit by 084 736 2582.
Emosionele bystand en verslawing
1. SANCA: Persone wat hulp met alkohol- en dwelmverslawing benodig kan 016 349 2892 (weekliks van 08:00 tot 16:00) skakel.
2. Gereformeerde Kerk Heidelberg: Mense wat pastorale berading benodig, kan Ds Faan Smit by 084 598 8194 skakel.
3. Lezanne Scholly: Berader en maatskaplike werker. Navrae: 084 854 1897.
Misdaad
Heidelberg Polisiestasie by 016 341 0343/72.
Sektor 1: (Overkruin, Leergimnasium, Heidelberg Kloof, Bergsig, Heidelberg Mall, Spaarwater, Rooikraal, Eendracht, Blinkpoort, Groenfontein, Poortje, Koppieskraal en Klippoortje) Sektorvoertuig: 071 675 7396.
Sektor 2: (Heidelberg Sentraal, Jordaanpark, Shalimar Ridge, Boschfontein, Schikfontein, Klipstapel en Mount Arabel) Sektorvoertuig: 071 675 7295 of 071 675 7294.
Sektor 3: (Rensburg, Houtpoort, Lagerspoort, Steynskraal, De Hoek, Modderfontein en Bothaskraal) Sektorvoertuig: 071 675 7296 of 071 675 7294.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button