Local newsNews

Nigel Tuiste vir Bejaardes se inwoners ontvang Moedersdag-bederf

Met die streng inperkingsmaatreëls word geen besoeke by ouetehuise toegelaat nie. 

Dit het Nigel Tuiste vir Bejaardes egter nie gekeer om hul bejaardes op Moedersdag (10 Mei) minder spesiaal te laat voel nie. Met die hulp van twee plaaslike apteke is elke vroulike inwoner op Moedersdag met ‘n lekkerny en geskenkpak bederf.

“Dit is vir ons as bestuur en personeel van die tuiste ‘n riem onder die hart en ons is dankbaar vir die bederf. Vanjaar se Moedersdagvieringe het onder moeilike omstandighede plaasgevind – die inperkingsregulasies weerhou kontakbesoeke en nie al die inwoners verstaan waarom familielede hulle nie meer besoek nie.

Met die heerlike eetgoed en geskenke, kon ons ten minste vir een dag weer ‘n glimlag op hul gesigte plaas,” het Marlene Primo (maatskaplike werker) gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button