Local newsNews

N1 voertuigbotsing eis lewe van oud-Volkie

'n Voertuigbotsing op die N1 naby Klapmutsafrit (Weskaap) op 1 Junie het die lewe van Adèle Van Straten (37) geëis. 

Sy was die dogter van Chris en Essie Potgieter wat 44 jaar lank inwoners van Nigel was, waar Chris apteker van Nigel Apteek was.

Adèle was tot 1996 ‘n leerder by Laerskool Hannes Visagie waar sy op akademiese vlak uitgestaan en verskeie toekennings ontvang het. Sy was ook hoofmeisie van dié laerskool en het in 1997 haar hoërskoolloopbaan by Hoër Volkskool begin. Behalwe vir akademie, het Adèle ook in atletiek, revue en hokkie uitgeblink.

As hoofmeisie in 2001, was sy ook die trotse vaandeldraer van haar geliefde hoërskool. Sy het haar mediese studies aan die Universiteit van Pretoria in 2002 begin, waar sy in 2008 haar MB Chb graad behaal het.

Adèle is in November 2008 met André van Straten getroud, waarna die paartjie hulle in Oos Londen gevestig het om gemeenskapsdiens en internskapwerk te verrig. Hulle het ook hul mediese spesialiteitstudies begin wat Adèle in narkose en André in oor-, neus- en keelchirurgie aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi het. Gedurende September 2016 het die egpaar die trotse ouers van ‘n seun geword.

Ten tye van die ongeluk was Adele se driejarige seun Lian saam in die motor waar hy langs die kinderoppasser in sy karstoeltjie vasgegespe was. Hy het slegs ‘n ligte duimbesering opgedoen en die kinderoppasser het ernstige rug- en kopbeserings opgedoen. Sy word tans in die Tygerberg Hospitaal behandel.

Haar afsterwe word diep betreur deur haar ouers, man, haar seuntjie Lian en haar suster, Dr Liezel Potgieter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button