Local newsNews

Uitbetalings verloop vlot by Sassa-punte in Nigel

HERAUT het Nigel Poskantoor (Sassa betaalpunt) besoek waar honderde begunstigdes douvoordag in rye vir ouderdomspensioentoelae gewag het.

Bejaarde begunstigdes het op 3 Junie hul toelae ontvang, terwyl dié met gestremdhede toelae op 4 Junie ontvang het, maar die poskantoor het genoeg personeel ontplooi om sake vlot te laat verloop.

“Ek het verlede maand omtrent vier ure in die ry gewag vir my toelaag, maar vandag het dit baie beter gegaan. My voorstel is dat hulle meer tellers aanstel sodat mense vinniger deur die gebou kan beweeg,” het Linda Hartkopf aan HERAUT gesê net toe haar beurt na sowat twee ure se gewag, uiteindelik aangebreek het.

Frans Castelyn het ook sowat twee ure gewag voor hy sy toelaag ontvang het, maar het sy tevredenheid uitgespreek oor die stoele wat Nigel Poskantoor beskikbaar gestel het.

Begunstigdes was ook beïndruk met die veiligheidsmaatreëls wat die poskantoor in plek gestel het. Elke besoeker se temperatuur is geneem en sy/haar hande met reiniger ontsmet, voor hulle die gebou kon betree.

Lindiwe Zulu (minister van maatskaplike ontwikkeling) het onlangs daarop gewys dat die departement beter maniere moet vind om lang rye te verminder wanneer begunstigdes hul maatskaplike toelaes ontvang.

“Lang rye is veral ‘n probleem tydens die coronavirus-pandemie, want begunstigdes kan aan die virus blootgestel word,” het sy gemaan.

Hoewel alle begunstigdes by Nigel Poskantoor ‘n masker gedra het, was daar enkele verbygangers in die straat sonder maskers. Sommige het later by begunstigdes in die ry aangesluit waar sosiale afstand nie toegepas is nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button