Local newsNews

Sportklubs kom nie uit die blokke nie

Alhoewel die inperking regulasies gelydelik verslap word vir talle sportlui in vlak 3, het dit nie werklik 'n positiewe invloed op die plaaslike sport organisasies in Heidelberg omgewing nie.

Onuitvoerbare reels en regulasies maak dit vir meeste sportsoorte nie moontlik om weg te spring nie en dit blyk dat talle nasionale unies nie noodwendig met ligas van 2020 sal voortgaan nie.

* Balfour Hengelklub
Volgens Lukas Scholtz is maandelikse hengelkompetisies nog nie moontlik nie, aangesien hengelaars nie van provinsie kan verwissel onder die huidige inperking regulasies nie. Jammer manne, jy kan nog nie weer daai grote hoek vir klubhengel nie.

* Heidelberg Golf Club
Good news for local golfers is that the golf club is back in business. Many rules and regulations are in place and golfers need to adhere to restrictions when visiting the premises. For more information on upcoming competitions, phone 016 349 1061.

* Heidelberg Krieketklub
Volgens Bernard Raubenheimer wil die krieketmanne graag op die veld kom, maar Krieket SA se formele skrywes en riglyne moet nog bekendgemaak word. Op hierdie stadium sal die krieketsterre nog tuis aan hul kolf- en boulwerk moet skaaf. Bernard kan by 083 489 8231 geskakel word vir die nuutste inligting hieromtrent.

* Heidelberg Bowling Club
As lawn bowlers gear up to get clubs, regulations and systems in place for return to play, we call on all bowlers to take this time to support your clubs where they may need extra funds, volunteers to get them back on greens. Find out how you can help them comply by phoning Mike van Nierop on 083 307 5538 at Heidelberg Bowling Club. However, when the local club will be reopening is not known yet, as a lot of preparations are needed before this day will come. Interpretation of regulations also need to be done correctly and senior members need to take care of their personal health and safety.

* Heidelberg Rugbyklub
Sean Greyling en sy manne sal enigiets doen om bietjie gras en modder onder hul tokse te kry, maar helaas, ook die rugbymanne sit nog hoog en droog terwyl hulle wag vir SARU en die Valke-liga se formele afkondigings in verband met besluite oor vanjaar se ligas. Op hierdie stadium is dit nog onseker of ligas wel voortgaan en nog ‘n klippie in Sean se skoen is die feit dat die plaaslike manne van JW Luckhoff Hoërskool se veld gebruik maak vir oefening en wedstryde. Reëlings hieromtrent moet ook getref word, sodra hulle die groen lig vir oefening en wedstryde ontvang. “Ons wil rugby speel – of dit liga of vriendskaplik is – ons is lus vir ‘n wedstryd,” het Greyling afgesluit. Om op hoogte te bly met rugbysake, kan Sean by 083 611 2581 geskakel word.

* Sensei Bernard Karateklubs
Die karatekas van Sensei Bernard se klubs in Heidelberg, Balfour en Nigel se karatepakke hang spierwit in die kas. Dis genoeg om van te huil. Hierdie energieke manne en meisies sien ook daarna uit om weer hul kumite en kata tegnieke op standaard te kry. Dit klink egter meer positief vir hierdie sportlui as al die ander plaaslike klubs, want die moontlikheid dat karate weer in Julie kan afskop, is groot. Volgens Bernard sal hulle ook stadig maar seker begin en met die seniors afskop. Soos almal hul voete vind en by regulasies en inperkings aanpas, sal meer gordels tot die oefengroepe bygevoeg word. Vir meer hieroor, kan Bernard by 082 825 9318 geskakel word.

Een ding is vir seker – elke atleet, sportster van alle kodes – stem saam oor een ding: hulle wil aan die gang kom! Almal is gereed om weer te begin oefen en sien daarna uit om binnekort weg te spring.

HERAUT nooi alle sportklubs in Heidelberg, Balfour en Nigel wat reeds planne in plek het om weer te begin oefen, om hul inligting na heraut@heraut1.co.za te epos. Inligting en reëlings om die sportklubs weer aktief te kry sal in die koerant geplaas word, tesame met die nodige kontakbesonderhede van die klub.
Ons sien daarna uit om weer binnekort ons eie plaaslike klubs se aksiefoto’s op ons sportblad te sien.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button