Local newsNews

Elsie se legendariese gebak leef voort deur Suikerbekkie

Sedert 1986 tot kort voor haar afsterwe op 22 Junie het Elsie Kruger van Heidelberg se voortreflike tuisgebak onder die handelsnaam Tuisgenot op menige winkelrak in die dorp gepronk.

Onder plaaslike inwoners het sy as ‘tannie koekies’ bekendgestaan en klante van naburige dorpe het haar bydraend ondersteun, juis omdat haar gebak so onweerstaanbaar lekker was.

Hoewel Elsie nie meer voor die oond staan nie, leef haar legendariese gebak voort deur Suikerbekkie Tuisnywerheid, waar die eienaar Wourine Rae en Elsie se span van ouds die tradisie van top-gehalte vars-gebak voortsit. Anna Phangela het elke dag die afgelope 14 jaar aan Elsie se sy gewerk en elke resep word nou met dieselfde passie en noukeurigheid uitgevoer om te verseker dat daar nie van Elsie se meesterstukke afgewyk word nie.

Die tuisnywerheid word vanuit die perseel by Sol Nacente in Schoemanstraat 38 bedryf en of jy nou ‘n soet- of souttand het, Suikerbekkie Tuisnywerheid bied ‘n koninklike allegaartjie van lekkerte wat wissel van koeke en terte tot snoephappies en vleispasteie (hoender/maalvleis) vir die hele gesin. Dit is hier waar

Anna en haar jarelange kollegas Josephine Cindi, Selina Nhlapo en Nthabe Mkhwanazi, Elsie se gebak na nuwe hoogtes neem. Moet ook glad nie verbaas wees wanneer jy Suikerbekkie Tuisnywerheid se gebak in plaaslike winkels en by vulstasies raakloop nie, want die aanvraag daarna is groot.

Asof dié smaakgenot nie reeds jou stoutste verwagtinge oortref nie, staan die span boonop gereed om snoepborde (platters) vir spesiale geleenthede soos verjaardag- of verlowing partytjies, begrafnis en ander geleenthede voor te berei. Bak- en brou neem egter tyd om voor te berei en daarom word snoepborde op bestelling gemaak.

Daar is werklik geen verskoning waarom jy nie in Suikerbekke Tuisnywerheid se eetgoed kan weglê nie, want selfs aflewering kan telefonies gereël word. Alle veiligheidsmaatreëls word daagliks toegepas om te verseker dat Suikerbekkie Tuisnywerheid aan die Covid-19 protokol voldoen en klante kan die besigheid met gemoedsrus ondersteun.

Vir bestellings wat koeke/terte vir spesiale geleentheide asook platters insluit, skakel of stuur ‘n WhatsApp boodskap na Robin by 071 684 0938 of Annalize by 073 674 8398 (gedurende besigheidsure) of skakel Wourine by 082 339 8800 (slegs na 14:00 bedags).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button