Heidelberg museum herleef met nuwe baadjie
HEIDELBERG se geskiedkundige museum herleef weer met 'n splinternuwe baadjie. Die restaurant heropen as tradisioneel Duits om die tuisverbroude craft bier te komplimenteer.

Vendi en Juanita Klaushofer (eienaars) is die afgelope 40 jaar in die restaurant- en onthaalbedryf en het een van die gewildste restaurante in Pretoria bedryf. Heidelberg met sy ryk geskiedenis was nog altyd vir die egpaar ‘n aantreklikheid en hulle glo Adler Cuisine kom tot sy volle reg in dié plattelandse dorp met sy tradisionele Duitse oorsprong.
Pilsner, IPA, Weis, Black Stout en 0% ABV Duitse bier is immergewild by die museum.
Die museum spog nou met ‘n bakkery en koffiewinkel en eienaar Eloise van Niekerk is ‘n bekende inwoner wat diep spore hier trap.
Die bakkery lewer daagliks varsgebakte brode, waaronder die gesogde suurdeegbrood, en daar sal ook gereeld spesialiteitskoeke, macarons en ander varsgebak beskikbaar wees.
Die museum het ‘n skandeerkode (QR code) sisteem van stapel gestuur en Heidelberg se ryk erfenis kan nou virtueel bemark word. Daar is 30 geskiedkundige bakens – elkeen met sy eie skandeerkode wat besoekers direk na die geskiedenis op die webtuiste neem. Sodra inperkings opgehef word, sal plaaslike toere gereël word.
Die museum beskik oor twee sale wat 120 en 300 mense akkommodeer. Tydens isolasie is die gewilde treinwaens afsonderlik beskikbaar en dien as geskikte lokaal vir enige funksie of geleentheid. Verdermeer kan die speelarea vir kinderpartytjies bespreek word. Verskeie markdae word in die vooruitsig gestel om die gemeenskap te bedien.
Heidelberg is een van die finaliste in die Kwêla Dorp van die jaar kompetisie. Stem vir ons pragtige dorp per sms op die lyne wat nou oop is.
Skakel Eloise by 083 326 6843 of Wendi by 082 556 8856 vir meer inligting, of besoek hul webtuise by www.heidelbergheritage.co.za.



