Local newsNews

Suikerbosrand Makelaars ontvang weer top toekenning

HEIDELBERG - In die moeilike tye waarin Suid-Afrikaners hulself deesdae bevind, is die veiligheid van landbouers belangriker as ooit.

Johann en Annetjie Strauss van Suikerbosrand Makelaars het vir die tweede agtereenvolgende jaar die Santam toekenning vir Landbou Makelaar van die jaar ontvang.

Met dié toekenning gee Santam erkenning aan Suikerbosrand Makelaars vir hul harde werk oor ‘n tydperk van 35 jaar. Vir die Strauss-egpaar is dit 35 jaar waarin die rol van die landbouer altyd van belang was, want wanneer voedselproduksie of die landbouer bedreig word, staar die land se totale bevolking ‘n katastrofe in die gesig.

Suikerbosrand Makelaars bied sedert hul ontstaan in 1985 professionele diens wat met jare se ervaring in die versekeringsbedryf, praktiese ondervinding en toewyding aan hul kliënte, van krag-tot-krag gegroei het.

Skakel hulle by 016 341 2195 vir meer inligting, of besoek die besigheid op die hoek van Merz en Marestraat, Heidelberg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button